Namibiese veeprodusente moet dieregesondheidsverklarings inhandig

Namibiese veeprodusente moet twee keer per jaar vir die tydperk Januarie tot Junie en Julie tot Desember by die direktoraat veterinêre dienste dieregesondheidsverklarings indien. Die sperdatum vir indiening is 31 Januarie en 31 Julie van elke jaar vir die onderskeie tydperke. Die komende sperdatum is vasgestel vir 31 Januarie 2022 en produsente word versoek om hul verklarings vir die tydperk Junie tot Desember 2021 betyds in te dien.