Suid-Afrika se vierde Covid-vlaag is besig om af te plat
Die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid sê hy is bly om te sien dat die land se vierde vlaag nou geleidelik besig is om af te plat. Die gesondheidsminister dr. Joe Phaahla het vandag gesê dat die Gauteng-provinsie nou amptelik verby die vierde vlaag van die pandemie is. Phaahla sê hoewel die Wes-Kaap steeds die meeste gevalle aanteken, het die positiwiteitskoers oor die algemeen begin afneem. Fritz Platt, ons korrespondent in Kaapstad, is aan die woord.