SA kuseiendomme vaar beter

Data van die vierde kwartaal van die FNB Kommersiële Eiendom Makelaars-opname in die buurland, toon die finansiële druk op besighede hou aan verbeter, maar is steeds hoog in vergelyking met voor die inperking. ‘n Eiendomstrateeg by FNB, John Loos, sê die verbetering volg weens ‘n ekonomie wat stadig normaliseer. Hy sê data van eiendomsontwikkelaars wys dit blyk of metro’s aan die kus beter vaar as metro’s in Gauteng wat beweging in die sake-eiendomsmark betref. Loos sê finansiële druk is steeds by verre die grootste enkele dryfveer van verkoopsbedrywighede by sake-eiendomseienaars.