Namibiese veearts: Cites moet handel in renosterhoring wettig

Die bekende veearts van Wildlife Vets Namibia, dr. Ulf Thubessing, het onlangs verskeie witrenosters by die Rhino Momma-projek onthoring. Hy sê dit is ’n hartseer, maar ‘n nodige maatreël om stropery te voorkom. Die horing het absoluut geen medisinale waarde nie, nietemin hou stropery ‘n ernstige bedreiging vir die bestaan van hierdie spesie in. Baie geld word op teen-stropings-tegnieke bestee, maar hy meen ons veg ‘n verlore stryd. Thubessing glo dat dit dringend tyd is om die handel in renosterhoring te wettig en hy sê die Cites-verbod op die handel in renosterhoring het ‘n negatiewe impak. Weens die stropery wil eienaars hul renosterbevolkings verminder, of selfs al hul renosters wil verkoop, sê Thubessing aan Kosmos 94.1 Nuus.