Namibiese sake-gemeenskappe moet baat by Afrika Vryhandelsgebied-ooreenkoms

Die Namibiese adjunkminister van handel, Verna Sinimbo sê dit is noodsaaklik vir Namibiese sake-gemeenskappe om die voordele wat onder die Afrika Vryhandelsgebied-ooreenkoms aangebied word, voor te berei en ten volle te benut. Dit behels toenemende produksievermoë, diversifikasie en waardetoevoeging tot ons rou materiaal, sowel as om te verseker dat Namibiese produkte sy plek van uitvoer op die Afrika-vasteland vind. Sinimbo was die hoofspreker by die konferensie oor die bewusmakingsveldtog van die Afrika Vryhandelsgebied in Windhoek.