Namibiese toerisme se kamerbesetting groei tot 61,3% in Augustus

Die Namibiese toerismebedryf se kamerbesettingskoers in Augustus was 61,3 persent, vergeleke met 51 persent in die vorige maand en 20,7 persent in Augustus 2021, volgens die Gasvryheidsvereniging van Namibië. Die meeste buitelandse toeriste kom van Duitsland, Switserland en Oostenryk wat 34,4 persent van buitelandse toeriste uitmaak, gevolg deur Frankryk, Italië, die Benelux-lande en Suid-Afrika. Die uitvoerende hoof van die vereniging Gitta Paetzold sê aan Kosmos 94.1 Nuus die een van die uitdagings wat hulle verhoed om die 80 persent-kerf te haal, is die onbeskikbaarheid van vlugte na Namibië.