Grootfontein-boerin se saak tot Desember uitgestel

Marieta Wilhelm se saak is weer tot 6 Desember in die Grootfontein-landdroshof vir verdere polisieondersoek uitgestel. Die 65-jarige boerin is op 16 Maart vanjaar in hegtenis geneem na die dood van die 31-jarige Sakaria Kaandje wat drie keer in die kop geskiet is toe hy buite haar huis op haar plaas Fokshof, 100 kilometer buite Grootfontein, deur haar aangetref is. Wilhelm het op 5 April deur middel van ‘n formele borgaansoek, borgtog van 10 000 Namibiese dollar ontvang. Wilhelm beweer die aanvaller het haar langs die huis ingewag en aangeval met ‘n hout stomp.