Lüderitz Mariene-navorsing vies oor helikopter wat glo laag vlieg  

Volgens Lüderitz Mariene-navorsing het ‘n helikopter glo vanaf ‘n Debmarine-mynvaartuig, na bewering die Benguela Gem, weswaarts verby Diaz-punt op ‘n lae hoogte van sowat 40 meter bo Halifax-eiland gevlieg. Die navorsingsorganisasie sê dit het aansienlike steurnis veroorsaak het vir die beskermde seevoël- en kusvoël-kolonies wat op die eiland geleë is. In hierdie geval is gesien hoe baie sterretjies en oestervangers paniekerig oor die eiland vlieg. Hulle doen ‘n beroep op die owerhede om teen die vlieënier van die helikopter met op te tree. Volgens ‘n kenner in burgerlugvaart-kringe dui die foto’s van die helikopter wat oor die eiland vlieg, egter aan dat dit 800 tot 1000 voet bo die eiland gevlieg het, wat die standaard hoogte is.