Namibiese Statistieke Agentskap doen studie oor impak van Covid-19

Die Namibiese Statistieke Agentskap het ‘n studie gedoen om te verstaan hoe die Covid-maatreëls huishoudings en individue beïnvloed het. Die studie is tussen 14 Maart 2020 en 13 April 2021 gedoen. Die opname is landwyd gedoen met die doel om basiese inligting te verskaf oor die impak van Covid-19 op huishoudings en ekonomiese aktiwiteite in Namibië en het die volgende aspekte gedek: Ekonomiese aktiwiteite, inkomsteverlies, voedselsekerheid, toegang tot dienste en onderwys, persepsie oor entstof en gedrag teenoor Covid-19. Statistikus-generaal Alex Shimuafeni verduidelik die metodologie wat in die studie gebruik is.