Geen Covid-sterftes aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het geen Covid-sterftes aangemeld nie, asook nege nuwe gevalle uit 1 576 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 0,6 persent verteenwoordig. In die groep is een onderwyser. Daar is nou 788 aktiewe gevalle waarvan 31 in hospitale is en een in ‘n intensiewesorgeenheid. Altesaam 253 232 mense is ten volle ingeënt. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, geen die jongste statistieke.