NSA: Twee uit vyf huishoudings was tydens pandemie hele dag sonder kos

Weens voedselprysstygings tydens die Covid-pandemie het 61 persent van Namibiese huishouding nie voldoende kos geëet nie. Dit is volgens die Namibiese Statistieke Agentskap se jongste studie oor die impak van Covid-19 op huishoudings en die ekonomie. Twee uit vyf huishoudings het aangedui dat hulle ‘n hele dag nie geëet het nie.