Namibiese staatskole open wel 11 Januarie

Op sosiale media word ‘n verkeerde Namibiese skoolkalender van staatskole rondgestuur, maar die onderwysministerie het die amptelike 2023-staatskoolkalender vir die akademiese jaar in Oktober 2022 reeds vrygestel. Die kalender is op 6 Oktober deur die minister goedgekeur en afgeteken. Die totale aantal skooldae beloop 197 dae. Die minister doen ‘n beroep op skole en ouers om hierdie skooldae noukeurig te bestuur, te beplan en te benut ten einde leerders se prestasie te verbeter. Die adjunk- uitvoerende direkteur in die ministerie, Edda Bohn bevestig aan Kosmos 94.1 Nuus staatskole begin op Woensdag 11 Januarie.