Brandbestryders vorder om brand in Wes-Kaap te blus

Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit sê goeie vordering word gemaak om die brand wat Dinsdag in die berge tussen Wolseley en Ceres uitgebreek het, in bedwang te bring. Die woordvoerder van die munisipaliteit se brandweer, Jo-Anne Otto, sê hulle is steeds besig om saam met grondspanne van CapeNature en twee helikopters die brand bokant Ou Tol aktief te bestry.