Skud jou sak vir Cyril en ‘arm’ ANC 

Wenkbroue lig oor die stewige prys-etiket om Saterdag saam met President Cyril Ramaphosa in Bloemfontein gholf te speel. Dit sal ’n speler 350 000 Suid-Afrikaanse rand kos om by die toernooi tydens die ANC se 8 Januarie-vieringe in die Vrystaatse hoofstad met die staatshoof skouers te skuur. Een gebruiker op Twitter wys daarop dat die werkloosheidstoelae 350 rand is en hy lei dus af dit is Ramaphosa se gunsteling-getal. Die sekretaris-generaal van die party, Fikile Mbalula, sê die ANC het nie geld nie en hulle moet dit dus insamel by mense wat dit wel het.