Gesin van vermoorde Bafana-Bafana-kaptein glo baasbrein loop nog los

Die gesin van die vermoorde Bafana Bafana-kaptein, Senzo Meyiwa, glo die baasbrein is steeds op vrye voet. Die moordverhoor het vandag in die hooggeregshof in Pretoria begin. Die sokkerster se suster, Nomalanga Meyiwa, sê dit is uiteindelik tyd vir die gesin om berusting te vind.