Namibiese skrywer se derde boek in Hochnamib-trilogie in boekwinkels

Die bekroonde Namibies-gebore skrywer Zirk van den Berg se nuwe boek in sy Hochnamib-trilogie wat in Namibië afspeel, is op die boekwinkelrakke. Een of ander held volg op Die Vertes in en Tweegevreet. Van den Berg het vanaf Nieu-Seeland waar hy woon, Namibië toe gereis om navorsing oor die boeke te doen. Van den Berg het verlede jaar die gesogte W.A. Hofmeyr-prys vir sy boek, Ek wens, ek wens, gewen. Van den Berg het uit Auckland oor sy trilogie met Kosmos 94.1 Nuus gesels.