Africa Game Bomas hou wildveiling op Mariental

Africa Game Bomas bied op Saterdag 17 Julie ‘n wildveiling op Mariental aan. Die gasheer en organiseerder, dr. Johann Archer, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat alle stelsels in plek vir die veiling is. Hy het gesê dat hulle sal wag op die regering om die nuwe Covid-regulasies aan te kondig wat op 30 Junie verval, maar tot dusver lyk dit of die veiling sal voortgaan.