DA kla oor Gautengse hospitale

Die Demokratiese Alliansie in Gauteng sê die LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, se bewering dat hospitale steeds die druk van snel toenemende Covid-19-gevalle in die provinsie kan hanteer, is misleidend. Die party sê baie van die nuwe beddens kan nie gebruik word nie, omdat daar nie personeel is nie. Die DA-woordvoerder, Jack Bloom, sê Wes-Randse hospitale is reeds vol, maar daar is geen pasiënte by die Anglo Ashanti-hospitaal van 500 miljoen Namibiese dollar nie. Dié hospitaal is onlangs met groot ophef opgeknap, maar daar is geen personeel nie.