Een Covid-sterfte van 97-jarige man op Engela aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het die afgelope week een Covid-sterfte van ‘n 97-jarige man op Engela aangemeld, asook 56 nuwe Covid-gevalle uit 1 688 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 3,3 persent verteenwoordig. In die groep is 33 leerders, vyf gesondheidswerker en een onderwyser. Daar is nou 134 aktiewe gevalle, waarvan nege pasiënte in hospitale in drie streke is. Altesaam 26,9 persent van die teikenbevolking van 60 persent is ten volle ingeënt.