Namibiese Rugby-unie gee meer inligting oor die afgelope proewe

Die Namibiese Rugby-unie het verlede naweek proewe gehou en ‘n groep van 40 spelers vir die Nasionale Rugbyspan gekies. Die Waarnemende Uitvoerende Hoof van die NRU, Theo Grunewald, het gesê die groep se vernuf sal in die internasionale vriendskaplike wedstryde teen Zimbabwe getoets word. Dit is ter voorbereiding vir die Groep A Rugby Afrika-toernooi vanaf 1 tot 11 Julie wat met Namibië as gasheer in Windhoek sal plaasvind.