Ramaphosa gee vandag titelaktes aan opkomende boere

President Cyril Ramaphosa gaan vandag titelaktes en grond aan boere by Tafelkop in die Groblersdal-distrik in Limpopo in die buurland oorhandig. Die seremonie is die hoogtepunt van ‘n grondhervormingsproses. Dertig swart boere gaan hulle titelaktes ontvang ná hulle 25 jaar lank die grond suksesvol bewerk het. Hulle verskaf vars produkte aan plaaslike winkels en skoolvoedingskemas, asook die varsproduktemarkte in Pretoria en Johannesburg. Altesaam 189-hektaar ter waarde van 25,5-miljoen-rand is nou amptelik in die boere se name geregistreer.