Namibiese rolprent op Rotterdam Internasionale Filmfees vertoon

Die Namibiese rolprent Under the Hanging Tree is gekies om by die wêreldpremière by die Rotterdam Internasionale Filmfees vertoon te word. Under the Hanging Tree is ‘n opdragrolprent van die Namibiese Filmkommissie. Die Rotterdam Internasionale Filmfees vind vanaf 25 Januarie tot 5 Februarie in dié Nederlandse stad plaas. Hertha Katjivena, die kommunikasiebeampte by die kommissie het met Kosmos 94.1 gepraat.