Groeiende vraag na olyfolie wêreldwyd

 Die Suid-Afrikaanse Olyfvereniging sê die groeiende internasionale vraag na olyfolie word aangevuur deur verbruikers se fokus op ‘n gesonde lewe. Die gebruik van olyfolie het volgens die vereniging die afgelope drie jaar vinniger as die produksie gestyg. Die uitvoerende hoof, Vittoria Jooste, sê die olyfbedryf gaan vanjaar plantgebaseerde en Mediterreense diëte navors, insluitend olyfgebaseerde skoonheidsmiddels. Volgens Jooste sal die onlangse droogte in Spanje geleenthede vir Suid-Afrikaanse produsente bied aangesien die Europese land vanjaar kleiner volumes olyfolie beskikbaar gaan hê om uit te voer.