Namibiese riviervlakke styg ná reën

Die Oranjerivier se vlak by Blouputs was vanoggend 2,45 meter en by Sendelingsdrift 2,65 meter, volgens die Hidrologiese Dienste van Namibië. Wat die noordelike rivier betref, styg die Zambezirivier steeds en was sy vlak vanoggend by Katima Mulilo 4,69 meter. ‘n Vloedwaarskuwing is uitgereik vir die oostelike Zambezi-vloedvlakte met water wat ‘n week gelede al ingevloei het.  Die Okavangorivier by Rundu was 5,58 meter vanoggend en die Kunenerivier se vloei by Ruacana het ook vanoggend verhoog tot 129,5 kubieke meter per sekonde.