Namibiese regstelsel is tops – ombud

Die Namibiese ombudsman Basilius Dyakugha beskryf die Namibiese regstelsel as die beste in die wêreld. Die meeste regstelsels in Afrika word om verskeie redes nie nie hoog geag nie. Die uitspraak vandeesweek in die Windhoek-hoërhof dat die ministerie van binnelandse sake burgerskap aan Yona Lühl-Delgado, ‘n kind van ‘n getroude gay-paartjie, toegestaan word, dui aan dat die regstelsel nie bevooroordeel is nie. Dyakugha sê menseregte het geseëvier.