Namibiese passasiers kla oor duur buskaartjies

Met die stormloop ná die feesseisoen van reisigers vanaf die Noorde en die kus terug na Windhoek of elders, het talle gekla oor die gebrek aan bekostigbare openbare vervoer en die neiging van busbestuurders om te veel te vra gedurende dié spitstye. Sommige mense kon die afgelope drie dae of wat nie vervoer vanaf Oshakati kon kry nie. Een passasier het vertel dat hoewel hulle by die ‘n vulstasie moes slaap, busbestuurders net mense passasiers neem wat hulle ken of diegene wat tot 200 Namibiese dollar of selfs meer sou betaal. ‘n Aantal mense het laat aangemeld vir werk en sommige leerders kan laat wees vir die heropening van die skole. Skakelbeampte in die ministerie van werke en vervoer Julius Ngweda sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is onwettig om busse te oorlaai.