Aardbewing naby Rosh Pinah aangeteken

Die Namibiese ministerie van myne en energie het bevestig dat ‘n aardbewing Saterdagoggend om 06:48 sowat 41 kilometer noord van Rosh Pinah, ongeveer 184 kilometer suidoos van Lüderitz, aangeteken is. Die aardbewing van 3,3 op die Richterskaal is by vyf seismiese stasies in Namibië, naamlik Windhoek, Kamanjab, Karibib, Ariamsvlei en Aus aangeteken. Die aardbewing was volgens die ministerie vlak en het op ‘n diepte van minder as 15 kilometer geregistreer.