Bank van Namibië kondig op 15 Februarie nuwe repokoers aan

Die Bank van Namibië het aangekondig sy eerste monetêre beleids-aankondiging vir die jaar sal op 15 Februarie plaasvind. Die tweede monetêre beleids-aankondigings sal na verwagting op 19 April plaasvind en die derde een op 14 Junie. Die laaste drie monetêre aankondigings sal na verwagting onderskeidelik op 16 Augustus, 25 Oktober en 6 Desember plaasvind. Die repokoers is in Desember 2022 met 50 basispunte van 6,25 persent tot 6,7 persent verhoog. Verlede jaar het die sentrale bank die repokoers met altesaam 300 basispunte of drie persent verhoog.