Namibiese ouers oorweeg al hoemeer tuisonderrig vir leerdres

‘n Namibiese onderwyseres het gereageer op Suid-Afrika se grootste tuisonderrig-verskaffer wat sê meer ouers as ooit oorweeg die tuisskool-moontlikheid en dit hou hoofsaaklik verband met Covid-19-protokolle. Die besturende direkteur van Optimi Home, Louise Schoonwinkel, sê daar was die afgelope 18 maande ‘n toename in gesinne wat tuisonderrig wil doen en hulle sal hulle aanbod moet uitbrei. ‘n Namibiese onderwyseres, Liesl Lepen, sê baie ouers, veral diegene wat nou vanaf hul huise werk, verkies nou tuisonderrig vir hul kinders.