Gasvryheidsvereniging van Namibië is hoopvol vir toerismesektor

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het hul toerismeverslag vir die derde kwartaal bekend gemaak wat ‘n bedbesetting van 19 persent aandui, vergeleke met net minder as agt persent verlede jaar. Dit is minder as ‘n derde van die byna 65 persent wat voor die Covid-pandemie in 2019 bereik is. Die uitvoerende hoof, Gitta Paetzold, sê die toerismebedryf is besig op om te tel.

Sy sê die afstel van die aandklokreël is veral goeie nuus vir die vermaaklikheidsbedryf.