Namibiese ondewysministerie: Uitslae van eksamens soos beplan

Die Namibiese onderwysministerie sê sou die eksamens vir graad 11 en 12-leerders voortgegaan het ná die uitlek van vraestelle, sal leerders ‘n sertifikaat ontvang wat nie geakkrediteer is nie. Die uitvoerende direkteur, Sanet Steenkamp, sê in ‘n mediaverklaring die ministerie het ‘n wettige kontrak met Cambridge International om te verseker dat kredietwaardige eksamens geskryf word. Deel van die kontrak is sekere standaarde wat gehandhaaf moet word vir die instansie om Namibië se kwalifikasies te sertifiseer. Die versekering is ook gegee dat die uitslae steeds op die beplande datums bekendgemaak sal word om te verseker die graad 11-klasse vir gevorderde vlak (AS) begin soos volgens beplanning.