Storm Barra tref Brittanje

Storm Barra het Brittanje getref – minder as twee weke nadat Storm Arwen verwoesting in groot dele van die land gesaai het. Die jongste verslae dui daarop byna 50 000 huise in Ierland is sonder krag, en skole is te midde van groot reisontwrigtings gesluit. Vloedwaarskuwings is ook vir dele van Engeland, Skotland en Wallis uitgereik, terwyl Barra reeds as ‘n “weerbom” beskryf word. Rukwinde van tot 112 kilometer per uur word voorspel.