Regskenner: Verpligte inenting is moontlik

Met die Suid-Afrikaanse Nasionale Ekonomiese Ontwikkeling en Arbeidsraad, of Nedlac, wat gister sy aanbeveling bekend gemaak het dat verpligte inenting in Suid-Afrikaanse werkplekke geïmplementeer moet word, vra baie werknemers nou of die regering wel so ‘n beleid kan instel. ’n Regskenner, verbonde aan die Universiteit van Limpopo, sê dit is moontlik vir die regering om die inentingsmandate te implementeer, as dit in die belang van die land se algehele bevolking gemaak word. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, het meer.