Namibiese onderwysministerie op pad na VN Onderwysberaad in New York

Namibiese President Hage Geingob en die onderwysminister, Anna Nghipondoka, sal die Namibiese afvaardiging na die Verenigde Nasies se Transformerende Onderwysberaad by die VN se 77ste Algemene Vergadering in New York van 16 tot 23 September lei. Ander senior beamptes van die onderwysministerie sal ook die beraad bywoon. Geingob sal ‘n nasionale verklaring uitreik ter bevestiging van die transformasie van onderwys in Namibië,, sê die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, aan Kosmos 94.1 Nuus.