Adjunkminister van staatsveiligheid vrygespreek oor Phala Phala

Die Suid-Afrikaanse parlement se gesamentlike staande komitee oor intelligensie het die adjunkminister van staatsveiligheid, Zizi Kodwa, vrygespreek van bewerings wat teen hom gemaak is rakende die Phala Phala-plaasskandaal. Die komitee sê daar was geen inligting wat bewerings teen Kodwa kon bevestig nie. Intussen sê die DA se hoofsweep, Siviwe Gwarube, ‘n ad hoc-komitee moes die saak ondersoek het.