Boetes vir onwettige omheinings drasties verhoog

Die Namibiese landbouministerie het kommer uitgespreek oor onwettige omheinings van kommunale grond, veral in die noordelike streke en derhalwe boetes vir oortreders verhoog. In ‘n voorlegging aan die Raad van Tradisionele Owerhede-vergadering wat in Eenhana gehou is, het Kenneth Shoombe van die ministerie gesê onwettige omheining van kommunalse grond is ‘n uitdaging in die meeste streke, aangesien groot gebiede weiveld omhein word. As gevolg daarvan het die owerhede ‘n boete-verhoging voorgestel vir onwettige heinings in die gemeenskaplike gebiede. Die boete is van 4 000 Namibiese dollar tot 15 000 dollar verhoog.