Geen verrassing dat Gautengse e-tol-skema nog nie geskrap is

Die hoofbestuurder van Outa in die buurland, Wayne Duvenage, is nie verras oor nog ‘n vertraging in die skrapping van die Gautengse e-tol-skema nie. Die kantoor van die premier het aangekondig omdat belangrike komponente van ‘n memorandum van verstandhouding tussen die nasionale en provinsiale regerings nog afgehandel moet word, sal die saak eers in die nuwe jaar geskik word. Duvenage sê om die skema te skrap moet daar formeel verklaar word die Gautengse deurpad-netwerk is nie meer ‘n tolpad nie, deur ‘n kennisgewing in die staatskoerant wat uitgereik moet word deur die departement van vervoer.