Namibiese omgewingsminister gaan Klimaatberaad in Skotland bywoon

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta sal die 2021 Klimaatberaad van die Verenigde Naies, COP26, in Glasgow, Skotland bywoon, het die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda, aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Hy het gesê President Hage Geingob sal moontlik die Namibiese afvaardiging na COP26 lei.