Besprekings van buitelandse toeriste stroom in

Toerisme is wêreldwyd besig om weer op te tel en die meeste lande maak hul grense vir toeriste oop. Namibië is van die lande wat ‘n herstel in die toerismesektor ervaar. Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië sê aan Kosmos 94.1 Nuus besprekings van buitelandse toeriste is tans besig om in te stroom.