Ekonoom sê daar sal steeds druk op voedselpryse wees

Voedselpryse het gemiddeld met 2,7 persent jaar-op-jaar vanaf 2020 tot 2021 toegeneem. Volgens die kosteprys-indeks het binnelandse voedsel met 2,1 persent gestyg en voedsel wat ingevoer word met 3,3 persent. Robert McGregor, ‘n ekonoom van Cirrus in Windhoek sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar sal steeds druk op algehele voedselpryse wees.