Namibiese ombudsman sê regering moet vir alle Namibiërs sorg

In die moeilike tye van die Covid-pandemie is dit maklik om te vergeet van diegene wat nie in staat is om hulself te help nie. In die winterseisoen het ons mense wat nie kos of ‘n kombers kan bekostig nie. Namibië het talle haweloses, asook die Strydkinders wat in tente in kampe onder moeilike omstandighede bly. Wie se verantwoordelikheid is dit om te sorg dat elke Namibiër versorg word? Die Namibiese ombudsman, John Walters, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.