DA eis insae na ondersoek van wanbestuur by Robbeneiland-museum

Die DA beplan om ‘n aansoek in terme van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting in te dien met die doel om ondersoekverslae te bekom waarin beweerde growwe wanbestuur by die Robbeneiland-museum uiteengesit is. ‘n DA-lid van die Wes-Kaapse Wetgewer, Reagen Allen, sê dit volg nadat die bestuur geweier het om die verslae bekend te maak. Hy verduidelik dat die verslae glo twee senior amptenare betrek wat veronderstel was om ‘n tugproses te ondergaan, maar die aanklagte is op ‘n onverklaarbare wyse laat vaar.