Agri Wes-Kaap: Boere, landbouwerkers moet gou ingeënt word

Agri Wes-Kaap is teleurgesteld omdat boere en plaaswerkers nie voorkeur kry om die Covid-19-entstof te ontvang nie. Die uitvoerende hoof, Jannie Strydom, sê hoewel die landbousektor as ‘n noodsaaklike sektor verklaar is, is daar geen uitgsondering gemaak vir inentings nie. Strydom is van mening die landbousektor en landelike ekonomieë kan dit eenvoudig nie bekostig om geïgnoreer te word nie. Hy het ‘n beroep op die regering gedoen om Covid-19-inentings in die landbousektor voorop te stel en het boere en plaaswerkers ouer as 50 aangemoedig om te registreer vir die inenting.