Namibiese Olimpiese roeier tree uit

Die Namibiese roeier Maike Diekman het haar uittrede uit die sport aangekondig. Sy het Namibië by die Olimpiese Spele in Tokio verteenwoordig. Diekman sê dit is tyd om hierdie hoofstuk van haar lewe as professionele roeier af te sluit. As die huidige voorsitter van die Namibiese Atletiek-kommissie sê Diekman sy kon reeds in sport terugploeg en sy beplan om te help om roei-sport aan die kus te ontwikkel.