VN vra vir wêreldwye steun vir vloedgeteisterde Pakistan

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, het ‘n beroep gedoen vir massiewe wêreldwye steun vir Pakistan. Ongekende vloede in die land het byna 1 400 mense se dood veroorsaak en meer as een miljoen inwoners dakloos gelaat. Guterres het die versoek gerig toe hy gister in Islamabad geland het. Volgens die VN-hoof het aanvanklike ramings die verliese op sowat 520 miljard Namibiese dollar gestel. Guterres beklemtoon Pakistan sal in die moeilikheid bly tensy hy voldoende internasionale hulp kry. Hy besoek vandag gebiede wat die meeste deur die klimaatskrisis geraak is.