Kinders rondom Whk moet katbloed drink om ryk te word

Kinders in die omgewing van Goreangabdam, Havana en Hakahana in Windhoek word glo gedwing om bloed van ‘n dooie kat te drink. Volgens hierdie inligting wat ontvang is, is dit al vir die afgelope twee jaar aan die gang. Kosmos 94.1 Nuus het aan Rosa Namises, ‘n deurwinterede gemeenskapsaktivis, gevra of die drink van die bloed van ‘n kat verband hou met heksery. Namises sê dat kinders gedwing word om deel van ‘n kultus te wees, en om die bloed van ‘n slang of kat te drink, sal hulle glo ryk maak.