Fietsry: Drikus en Vera wen Nedbank Pedal Power by Brakwater

Die Namibiese fietsryer Drikus Coetzee het vanoggend die Nedbank Windhoek Pedal Power-reeks by die Brakwater-pad noord van Windhoek gewen, terwyl Vera Looser die wenner in die vroue-kategorie was. Konny Looser was in die tweede plek na Coetzee, met Ingram Cuff wat derde geëindig het. Melissa Hinz was die naaswenner in die vroue-kategorie, gevolg deur Genevieve Weber in die derde plek.