Namibiese midtermyn-begroting op 25 Oktober voorgelê

Die Namibiese minister van finansies, Ipumbu Shiimi, sal die middeltermyn-begrotingsoorsig op Dinsdag 25 Oktober voorlê. Dit sal die volgende dag opgevolg word deur die rentekoers-aankondiging deur die Monitêre Beleidskomitee van die Bank van Namibië. Nico Smit, skaduminister van finansies van die Popular Democratic Movement sê aan Kosmos 94.1 Nuus Shiimi sal die mes moet inlê in die begroting.

Smit praat ook oor die staatsamptenare se salarisverhogings.