Beste Namibiese voertuigverkope in September sedert 2019  

Dit was die beste September in terme van voertuig-eenhede wat sedert 2019 in Namibië verkoop is, volgens Simonis Storm in Windhoek. Altesaam 1 018 eenhede is gedurende September 2022 verkoop, vergeleke met 1 052 eenhede in Augustus 2022 en 767 in September 2021. Dit is ten spyte daarvan dat Namibië in ‘n rentekoers-verhogingsiklus is. Plaaslike motorverhurings-maatskappye het ‘n totaal van 162 voertuie gedurende Namibië se piek toerismeseisoen vanaf Mei tot September vanjaar gekoop, vergeleke met 240 voertuie wat in verlede jaar se piek toerismeseisoen gekoop is.