Britse krieketspeler onthul rassisme by Yorkshire-klub

Krieket: ‘n Britse speler wat uitgebreide rassisme by die Engelse klub Yorkshire onthul het, sê hy word gedwing om sy land te verlaat om sy familie te beskerm teen verdere mishandeling en intimidasie. Azeem Rafiq se onthulling het gelei tot ‘n reeks ondersoeke oor die klub se kultuur. Die familie het ‘n hele klomp dreigemente ontvang. Die Pakistans-gebore Rafiq het van 2008 tot 2018 aan en af vir die klub gespeel. Sy suster, Amna, wat vir Yorkshire gewerk het, het volgens berigte Brittanje ‘n paar maande gelede verlaat toe die polisie nie haar veiligheid kon waarborg nie.